Baie welkom, teken asb in of registreer om voort te gaan
We have sent you an email with instructions to reset your password.
You have successfully changed your password. You can now log in.
New accounts are reviewed by the administrator. We will send you an email once your account is approved.
Try the following if you are unable to Log In:
Forgot Password? (above)
Try Using a Private / Incognito Window
Restart you device
Please note: Some smart TV browsers do not support "Log In"
bring vir u
Jannie du Toit - Die eggo van jou oë
Die eggo van jou oë sou gedurende Maart 2020 deel van die KKNK in Oudtshoorn gewees het, maar nou het Jannie besluit om, soos talle ander kunstenaars in hierdie dae, die konsert na jou eie sit-, eet- of slaapkamer toe te bring – selfs na jou lapa toe as jy wil!
In hierdie kuberkonsert sing Jannie, wat hom nou reeds byna vyftig jaar in Afrikaanse musiek uitleef, sy hartsmusiek. Daar is liedjies van sy onlangse albums soos Die eggo van jou oë met hoogtepunte uit sy loopbaan en Oesjaar met sy eie splinternuwe komposisies, maar ook gunstelinge uit sy jeugjare soos die pop- en folk van die sestiger- en sewentigerjare.
Daarby is Jannie natuurlik bekend vir sy uitsonderlike weergawes van Afrikaanse en Europese kleinkuns: Die program omvat letterlik Donovan tot by Doep, die Beatles tot by Brel. Die merkwaardige verskeidenheid van die program word ‘n sprankelende vertoonvenster vir sy ensemble van instrumentaliste uit die boonste rakke.
Jannie du Toit – sang en kitaar
Susan Mouton (tjello)
Chanie Jonker (klavier en akkordeon)