Jou Konserte
Jou Konserte



Baie welkom, teken asb in of registreer om voort te gaan

Log In

Don't have an account yet? Register
Forgot Password?

Forgot Password?

Enter your email address and we'll send you a recovery link.

Back

We have sent you an email with instructions to reset your password.

Forgot Password?

Enter your new password.

Back

You have successfully changed your password. You can now log in.

Register

Already have an account? Log In
Required field!
Required field!
Required field!

New accounts are reviewed by the administrator. We will send you an email once your account is approved.

Try the following if you are unable to Log In:

Forgot Password? (above)

Try Using  a Private / Incognito Window

Restart you device

Please note: Some smart TV browsers do not support "Log In"


bring vir u


Lochner de Kock kóók op 70!  Kyk nou!

Lochner de Kock kóók op 70! Kyk nou!

- +
Add To Cart
Sold Out

Lochner maak kos, gee koswenke en vertel staaltjies oor kos terwyl ’n aantal musiekvriende kom inval met liedjies as geskenke. Richard van der Westhuizen, Anton Goosen, Jannie du Toit, Helena Hettema, Riku Lätti en Laurinda Hofmeyr sing elk vir Lochner ’n liedjie terwyl Amanda Strydom ook ’n spesiale verjaardagwens kom gee. Susan Mouton kuier saam met haar tjello.

Lochner is op 23 Julie 1950 gebore.  Lochner de Kock is ’n akteur, musikant, dramaturg, skrywer, regisseur, stemkunstenaar en sjef. De Kock vier op 23 Julie vanjaar sy sewentigste verjaardag. Buiten dat hy een van die gewilde radiostemme in RSG se dramas en vervolgverhale is, skryf hy ook rubrieke, kinderverhale en sketse. Hy en die akteur-musikant Richard van der Westhuizen tree ook sedert 1987 as onder andere die duet Vuurklip en Klip saam op.

Lochner de Kock het sy BA by Tukkies en sy Honneurs in Drama en Regié (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.  Sedert hy in 1981 die vryskutwêreld betree, maak sy unieke, ontspanne aanslag, sy uitsonderlike talent en briljante laterale denke wye draaie deur die kunstewêreld.  Hy het in meer as 180 toneelstukke opgetree en van die menigte TV-reekse waarin hy verskyn het, is Vyfster, Isidingo, Dryfsand, Getroud met Rugby en 7de laan maar enkele voorbeelde.

Lochner het ook ‘n verskeidenheid filmrolle vertolk en daarby drie kookboeke, twee kinderboeke en ‘n aantal ander literêre werke die lig laat sien. Gedurende 2015 het Liegendes, ‘n bundel van 21 kortverhale uit sy pen die lig gesien. Hy is verder befaamd vir sy Suid-Afrikaanse kookkuns, gerugsteun deur wêreldwye invloede: hy reis as Cordon Boer landswyd en sy Kyk in die pot was kykNET se eerste kookreeks wat hy plaaslik, in Australië, Nieu Zeeland en Amerika opgeneem het. Hy maak op die oomblik oudergewoonte opslae as Vis Venter in die kykNET sepie Huis Lelieveld.

Sover dit sy musiekloopbaan betref, tree Lochner reeds sedert 1987 saam met Richard van der Westhuizen op. Hy en Richard was deel van die Sleutelgat Revue en hulle het saam drie CD’s uitgegee.  Op hierdie CD’s het talle liedjies verskyn waarvan Lochner die lirieke geskryf het, terwyl hy en Richard van die liedjies ook saam geskryf het. Sy eerste solo-cd het in 2013 op die JNS Musiek-katalogus verskyn.

Lochner doen reeds vir meer as 30 jaar oorklankingswerk en stemwerk vir radio en TV.  Hy was onder andere die stemme van die befaamde Sarel Seemonster en Karel Kraai in Wielie Walie en is ook bekend as TV-aanbieder. Hy lees tans vir RSG ’n reeks van Jan Spies se stories voor: Die Antie met die Pienk Rok en ander verhale en soos deur die jare bly hy een van die voorste stemme in radiodramas en vervolgverhale. ‘n Gereelde deel van vanjaar se werksdag is die Afrikaanse oorklanking vir ‘n Turkse televisiereeks: hy bly steeds deurentyd betrokke by al die verskillende vertakkinge van sy veelsydige loopbaan: Kookkuns, verhoogoptredes, skryf- en stemwerk.

Items in jou mandjie

Your cart is empty

You don't have any items in your shopping cart yet! Continue
Product Quantity Price

Shopping Cart

Nog Kuberkonserte

Items in jou mandjie

Your cart is empty

You don't have any items in your shopping cart yet! Continue
Product Quantity Price

Shopping Cart

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out