Jou Konserte
Jou Konserte
Sedert Maart 2003

Pierneefteater het in Maart 2003 sy eerste opvoering op die planke gebring.  Sedert daardie eerste opvoering het die teater uit sy kinderskoene gegroei tot ’n teater wat nie slegs in Pretoria nie, maar ook landswyd onder kunstenaars bekend geraak het.  Selfs buite die landsgrense is daar kunstenaars wat kennis geneem het van die teater in die Moot en ’n aantal buitelandse kunstenaars het reeds by Pierneefteater opgetree.

Buiten die gewone teaterproduksies, lê Pierneefteater ook klem op kinderteater asook dagkonserte om voorsiening te maak vir mense wat nie meer saans kan of wil uitgaan nie.  Daar is elke vakansie kinderteaterproduksies in die oggende en soms ook op Saterdae buite die vakansie.  Hiermee gaan dit vir die teater nie slegs om vermaak vir die kleingoed nie, maar ook om ons volgende geslag volwasse teatergangers te kweek.

Hoewel bekende kunstenaars by die teater optree, staan Pierneefteater se deure ook oop vir jong kunstenaars aan die begin van hulle loopbane – menige jong kunstenaar wat later bekend geraak het, het sy of haar eerste optrede hier op die verhoog beleef.  Bekende kunstenaars en groepe wat gereeld deur die jare hier opgetree het, is onder andere Sandra Prinsloo, Wilna Snyman, Patrick Mynhardt, Carel Trichardt, Petru Wessels, Frank Opperman, Wilson Dunster, Elize Cawood, Marga van Rooy, Mathys Roets, Chris Chameleon, Rina Hugo, Manuel Escorcio, Christa Steyn, Jannie du Toit, Lucas Maree, Jannie Moolman, Anton Goosen, Dozi, Jan Blohm, Jak de Priester, Radio Kalahari Orkes, Ses Snare, Richard van der Westhuizen, Lizz Meiring, Johny Klein, Bobby van Jaarsveld – noem maar op, meeste van die bekende kunstenaars het reeds gehore hier op die verhoog vermaak.

Pierneefteater bied  verder elke jaar in samewerking met Cordis Trust ’n week aan waaraan mense met verskillende vorme van gestremdhede deelneem.  Ten Spyte Van / In Spite Of bied nie slegs geleentheid vir hierdie mense om op die verhoog te verskyn nie, maar dien ook as bewusmaking van die algemene publiek oor struikelblokke in ander se lewens asook fondsinsameling vir die deelnemers.

Sluit aan by ons nuusbrief

Jou Naam & Van* Required field!
Jou epos adres* Required field!

Teaternuus en optredes!

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out