Jou Konserte
Jou Konserte



Baie welkom, teken asb in of registreer om voort te gaan

Log In

Don't have an account yet? Register
Forgot Password?

Forgot Password?

Enter your email address and we'll send you a recovery link.

Back

We have sent you an email with instructions to reset your password.

Forgot Password?

Enter your new password.

Back

You have successfully changed your password. You can now log in.

Register

Already have an account? Log In
Required field!
Required field!
Required field!

New accounts are reviewed by the administrator. We will send you an email once your account is approved.

Try the following if you are unable to Log In:

Forgot Password? (above)

Try Using  a Private / Incognito Window

Restart you device

Please note: Some smart TV browsers do not support "Log In"


bring vir u


Classics met klas - Kyk Nou!

Classics met klas - Kyk Nou!

- +
Add To Cart
Sold Out

Hierdie vier kunstenaars lewer ’n afgeronde vertoning van hoogstaande gehalte met liedere uit musiekblyspele asook ’n paar Afrikaanse nommers. Die inhoud wissel van ritmiese liedjies wat die voete laat jeuk tot nostalgiese ballades. Hulle doen solo nommers, duette en liedjies deur die hele groep gesamentlik.

Hierdie vertoning was die laaste vertoning wat, net voordat die inperkingsmaatreëls gedurende Maart in werking getree het, by Pierneefteater op die verhoog was.  Endija kon vanweë reisbeperkings nie terugkeer na Letland nie en die groep het besluit om hulle vertoning op te neem en weer as aanlynkonsert op Pierneefteater se kuberverhoog aan te bied.

MEER OOR DIE KUNSTENAARS

Endija is ’n klassieke sopraan vanaf Letland wat in hierdie vertoning die verhoog deel met die sangers Zack Jansen van Rensburg, Hannes Retief en Deon Main.  Haar volle verhoognaam is Endija Rezgale.

Suid-Afrika lê haar na aan die hart aangesien haar droom om van sang haar loopbaan te maak, hier werklikheid geword het.  Sy was aanvanklik ’n middelafstand atleet wat Letland op internasionale vlak verteenwoordig het en met ’n beurs in die VSA gaan studeer het.  Hier het sy haar toekomstige eggenoot ontmoet wat aan dieselfde Universiteit studeer het en van Suid-Afrika afkomstig was.

Sy het gedurende 2002 vir die eerste keer in Suid-Afrika opgetree en vir die volgende aantal jare daarna die verhoog gedeel met Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Rina Hugo, Carike Keuzenkamp, Jannie Moolman, Nianel, Danie Niehaus, Tobi Jooste en Dewald von Solms. Sy het ook vir twee jaar suksesvolle optredes by die KKNK aangebied.

Terwyl sy in 2008 op ’n konserttoer in haar geboorteland was, het sy besluit om haar musiekstudies nader aan Letland voort te sit en het aan die Musiek Akademie in Israel verder studeer.  Sy is tans besig met haar doktorsgraad in Sosiologie asook haar tweede Meestersgraad in Maatskaplike werk terwyl sy ook klas gee aan die Universiteit van Letland.


Haar repertoire sluit die volgende in:  Liedere uit musiekblyspele, opera en operette arias, barokmusiek asook kontemporêre liedjies.

Hannes Retief en Zack Jansen van Rensburg is albei deel van die sanggroep, The Croons.  The Croons se repertoire sluit musiek van verskillende genres in en hulle tree sedert 2013 onder andere op by glansgeleenthede soos die Mnr SA kompetisie terwyl hulle ook reeds die verhoog gedeel het met kunstenaars soos Romanz, Corlea Botha, Nadine, MoniQue Steyn, Sorina Die Flooze en Andriëtte Norman.

Deon Main het van jongsaf gesing en het in 1994 met opleiding in Opera en klassieke sang begin.  Hy was deel van talle produksies soos Forever Young en Once upon a mattress en het in 2019 deel gevorm van ’n gekeurde groep sangers wat in Las Vegas aan ’n kompetisie deelgeneem het.

Items in jou mandjie

Your cart is empty

You don't have any items in your shopping cart yet! Continue
Product Quantity Price

Shopping Cart

Nog Kuberkonserte

Items in jou mandjie

Your cart is empty

You don't have any items in your shopping cart yet! Continue
Product Quantity Price

Shopping Cart

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out