Jou Konserte
Jou Konserte
Sedert Maart 2003

Aanwysings

Suid  25grade  43’ 25.28     
Oos  28grade  13’ 00.04

Mogg Ave, Pretoria 0084, Suid-Afrika

Tel +27 72 460 5568

VANAF JOHANNESBURG (N1)
Ry met Ben Schoeman reguit aan in die rigting van Pretoria (moenie die Pietersburg/Polokwanepad neem nie).  Neem Eeufeesweg-afrit, by T-aansluiting regs, ry onderdeur duikweg en draai links net voor die ingangshek van Fonteine Ontspanningsoord.  Neem Sunnyside-pad, hou reguit aan.  Straat verander na Elandspoort, na Mears, Jeppe en dan Beatrix (nou Steve Biko). Draai regs by die groot kruising in Soutpansbergweg in.  By derde robot links in Parker.  By die derde robot weer regs in Pierneefstraat (NB:  Na links is die straat se naam Jacobs!).  Draai onmiddellik weer regs in ’n klein straatjie met die naam Mogg. Ongeveer 50 meter verder is die teater se ingang die eerste op linkerhand.

VANUIT DIE OOSTE VAN PRETORIA
Ry met Duncanstraat (nou Jan Shoba) deur Colbyn (straat word Gordonweg), oor Soutpansbergweg (straat word Steadlaan), deur Queenswood.  By die derde robot na Soutpansbergweg, draai links in Pierneefstraat.  Hou reguit aan tot oor 18de laan.  Nou lê Hoërskool Hendrik Verwoerd aan die linkerkant, sportvelde lê regs.  Draai links in die eerste straat na 18de laan, ’n klein straatjie met die naam Mogg – mens kan net links draai.  Ongeveer 50 meter verder is die teater se ingang aan die linkerkant

VANAF JOHANNESBURG N1

Neem Pretoria/Witbank-afrit (Emalahleni) daarna Pretoria.  Hierdie pad word Pretoriusstraat in ‘n westelike rigting.  Draai regs in Duncanstraat (nou Jan Shoba), (straat word Gordonweg), oor Soutpansbergweg (straat word Steadlaan), deur Queenswood.  By die derde robot na Soutpansbergweg, draai links in Pierneefstraat. Hou reguit aan tot oor 18de laan.  Nou lê Hoërskool Hendrik Verwoerd aan die linkerkant, sportvelde lê regs.  Draai links in die eerste straat na 18de laan, ’n klein straatjie met die naam Mogg – mens kan net links draai.  Ongeveer 50 meter verder is die teater se ingang aan die linkerkant

VANAF PIETERSBURG N1
Neem Stormvoëlweg-afrit, draai regs in ’n westelike rigting, gaan halfpad om sirkel, straat word Michael Brink (nou Nico Smith).  Ry deur nywerheidsgebied, daarna huise, daarna besighede tot by Fratesweg.  Links in Frates en oor treinbrug, eerste robot links in Pierneefstraat, dadelik regs in Mogg (klein straatjie waarin mens net kan regs draai).  Ongeveer 50 meter verder is teater se ingang die eerste en enigste op links.

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out