Baie welkom, teken asb in of registreer om voort te gaan
We have sent you an email with instructions to reset your password.
You have successfully changed your password. You can now log in.
New accounts are reviewed by the administrator. We will send you an email once your account is approved.
Try the following if you are unable to Log In:
Forgot Password? (above)
Try Using a Private / Incognito Window
Restart you device
Please note: Some smart TV browsers do not support "Log In"
bring vir u
Emile Minnie ~ My ruk in Rio ~ Kyk Nou!
Emile kom kuier op Pierneefteater se kuberverhoog met ’n splinternuwe Afrikaanse produksie. So vertel hy waar die produksie ontstaan het:
‘Ek was in 2019 op ’n ses maande sabbatsreis in Rio de Janeiro. Daar het ek Portugees leer praat by ’n taalskool, wonderlike nuwe vriende gemaak en vir’n maer tannie met ’n hengse wit bolla klavier gespeel. Tydens die inperking – terug in Suid-Afrika – het ek my swaer se kamera geleen en myself geleer hoe om musiekvideo’s te maak. Toe sit ek in my sitkamer ’n show aanmekaar vir ’n virtuele gehoor. Ek vertel wat ek in alles in Rio beleef het en sing liedjies wat ek geskryf het terwyl ek daar was’.
Emile nooi die gehoor om die stories en liedjies saam met hom te kom geniet. Hy glo dat die gehoor se heupe sal jeuk om te swaai en dat die musiek ook sal ontroer.
Emile het derde plek behaal in die Huisgenoot se liedjieskryf-kompetisie en hy is benoem vir ’n Kanna-toekenning by KKNK. Hy is by geleentheid deur Laurika Rauch beskryf as een van ons land se top liedjieskrywers.
Concert remains available to buy after launch date!