Jou Konserte
Jou Konserte



Baie welkom, teken asb in of registreer om voort te gaan

Log In

Don't have an account yet? Register
Forgot Password?

Forgot Password?

Enter your email address and we'll send you a recovery link.

Back

We have sent you an email with instructions to reset your password.

Forgot Password?

Enter your new password.

Back

You have successfully changed your password. You can now log in.

Register

Already have an account? Log In
Required field!
Required field!
Required field!

New accounts are reviewed by the administrator. We will send you an email once your account is approved.

Try the following if you are unable to Log In:

Forgot Password? (above)

Try Using  a Private / Incognito Window

Restart you device

Please note: Some smart TV browsers do not support "Log In"


bring vir u


 Bonjour Monsieur Brel - Jannie du Toit -  Kyk Nou!

Bonjour Monsieur Brel - Jannie du Toit - Kyk Nou!

- +
Add To Cart
Sold Out

’n Reis deur die ideë-wêreld van ’n briljante dromer
(In Afrikaans, Frans, Engels, Nederlands)
Tjello:  Susan Mouton
Klavier en akkordeon:  Chanie Jonker

(English text follows after the reviews)


In Bonjour Monsieur Brel word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing deur Jannie du Toit en begelei deur ’n musiekensemble van klavier, tjello en kitaar. Jannie is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands.


Sy eerste vertolkings van Brel sing hy in 1988 in die produksie Van Berlyn tot Bapsfontein saam met Laurika Rauch. Brel speel sedertdien deurgaans ’n rol in aanbiedinge soos De Kleine Man en Jannie en die Tannie saam met Christa Steyn. Sy mees onlangse optrede in ’n Brel-produksie was Brel in Brooklyn in 2010, weer saam met Laurika, met Christa by die klavier en Sergio Zampolli as akkordeonis. Veral twee Nederlandse Brel-liedere – Madeleine en Liefde van later –  vestig hom vroeg in die negentigerjare as Brel-vertolker, maar sy latere Franse weergawes van La Valse en Il Neige sur Liège kry ook hoë lof van kenners. Naòmi Morgan se Afrikaanse vertalings, wat uiters gunstig vergelyk met vertalings in ander tale, verteenwoordig ’n verrassende nuwe blik op Brel se tekste. Bekende treffers is natuurlik op die spyskaart, maar ook van sy meer onbekende, ewe briljante werk.


Met sy uiters geslaagde eenmanvertoning van woordkuns en musiek – Doep is nie dood nie – steeds op die planke, verwesenlik Jannie ’n jarelange ideaal om Brel ook in die genre van die eenman-literêre kabaret aan te bied. Onder leiding van die deurwinterde Juanita Swanepoel – regisseur en dosent in drama by Stellenbosch Universiteit – word verbande tussen liedere en gedigte gelê en toegelig. Brel se geniale beeldende skryfwerk kom na vore en is soos die werke van klassieke komponiste en die wêreld se opera’s, helaas soos alle groot kuns, tydloos. Brel se liedkuns sal nog vir ’n lang tyd telkens weer nuut geïnterpreteer en beluister word. In hierdie program kom sy genialiteit ewe sterk na vore in al vier tale – ’n getuigskrif vir die ongeëwenaarde seggingskrag van die grootste chansonnier van die 20ste eeu.

Jacques Brel:  Alle musiek en Franse tekste
Juanita Swanepoel: Samestelling en bindtekste
Clinton Zerf, Matthys Maree: Musiekverwerkings
Naòmi Morgan:  Afrikaanse vertalings en teksversorging


RESENSENTE OOR BONJOUR MONSIEUR BREL:  Uittreksels 

Paul Boekkooi - Beeld 15 September 2016
Ervaar dié grensloos magiese Brel-aand
Enigiemand met ‘n verwysingsraamwerk rondom die egte Brel, sal saamstem dat Du Toit as sanger en kitaarspeler, Susan Mouton as tjellis en pianis en Coenraad Rall as pianis en akkordeonspeler kollektief daarvoor gesorg het dat hierdie een van die blinkste Brel-aanbiedinge is wat tot nog toe in Suid-Afrika op die planke was.
Jannie du Toit se voordrag en sang rondom Brel is presies waar dit moet wees:  Idiomaties ryk en genuanseerd, met puik diksie en ‘n stem wat emosioneel en dramaties veel meer kan waag as voorheen. 
Ons het lank vir só ‘n gehalte-aanbieding gewag.  Ervaar die grensloos magiese daarvan.

Theatre on the Square – 4 July 2017 (Opening night)
Lesley Stones – Freelance journalist - Daily Maverick

Bonjour Monsieur Brel is a fine show spanning a collection of the Belgian musician's work in English, French, Dutch and Afrikaans. They’re brought to rip-roaring life by Jannie du Toit, who performs them with the spitting, striding intensity that the man himself would be approve of
Du Toit is superb, with the gravitas and vocal power to do the songs justice.
The music is provided brilliantly by Susan Mouton on the cello and piano and Chanie Jonker on piano and accordion.

Herman Meulemans, Litnet 5 Oktober 2017 (Tinnenpot-teater, Gent)
Jannie heeft een stemtimbre dat zich buitengewoon goed leent voor gevoeligheid en tederheid ......... Maar hij kan halsoverkop overschakelen naar een totaal ander register, waar ritme de toon aangeeft, zoals in La valse à mille temps, of ongeduld, zoals in Madeleine, of zeemansgebral, zoals in Dans le port d’Amsterdam. ... De talen die hij gebruikt: het Frans, Afrikaans, Engels en Nederlands, vloeien als het ware samen tot één taal, die Jacques Brel doet uitgroeien tot een universeel zanger, dichter en woordkunstenaar.


Jannie du Toit sings the songs of Jacques Brel in French, English, Afrikaans and Dutch


Jacques Brel: Music and original French texts
Vocals and guitar: Jannie du Toit
Susan Mouton: Cello
Chanie Jonker: Piano and accordion
Juanita Swanepoel: Compilation of songs and texts
Arrangements:  Matthys Maree and Clinton Zerf


In this production, Jacques Brel's famously imaginative texts are sung in four languages and accompanied by a musical ensemble of the highest order. Jannie du Toit has for decades been in high regard as an interpreter of Brel and a foremost exponent of excellence in vocal art. He sang his first interpretations of Brel in 1988 in the production VAN BERLYN TOT BAPSFONTEIN in CLUB’58, Hillbrow, co-starring Laurika Rauch. Thereafter Brel songs were part of his trade mark - many of his productions featuring exceptional favourites. In the early nineties he became known particularly for his rendition of Madeleine.

Brel’s passionately haunting songs, which showcase his unique take on the human condition, are the focus of the programme. Just as the works of classical composers, and indeed all great art, the excerpts from his visionary writings are timeless. His brilliance emerges equally in all four languages - a testament to his unrivaled gift of expression as the greatest chansonnier of the 20th century.

Jannie has established himself as exponent of Brel chansons since the late eighties.  His first performances of Brel  was in Club ’58, Hillbrow, in the cabaret Van Berlyn tot Bapsfontein (1988) with Laurika Rauch.  Brel numbers were included in many of his shows ever since and most recently in Brel in Brooklyn (2010), again with Laurika. Christa Steyn – Jannie’s pianist for 25 years who sadly passed away since - and Sergio Zampolli on accordion were the accompanists.  Two Brel songs – Madeleine and Liefde van later – became trademarks of Jannie’s shows during the nineties and lately his renditions of some original French versions – La Valse and Il Neige sur Liège – also met with high acclaim from critics.

Brel’s passionately haunting songs, but also excerpts from his brilliant writings which showcase his unique look on life, are included in the programme. Performance of Brel’s songs in four languages bears testimony to the amazing ambit work of the greatest chansonnier of the 20th century.

Concert remains available to buy after launch date!

Items in jou mandjie

Your cart is empty

You don't have any items in your shopping cart yet! Continue
Product Quantity Price

Shopping Cart

Nog Kuberkonserte

Items in jou mandjie

Your cart is empty

You don't have any items in your shopping cart yet! Continue
Product Quantity Price

Shopping Cart

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out